Voorblad

Plaasaanvalle.co.za is ‘n baie eenvoudige webtuiste wat geskep is om ons boerevolk te bemagtig deur by mekaar te leer. Aanvalle teen ons eie mense neem drasties toe, en nie net is die media dood stil nie, dit lyk ook of dit ‘n taboe is vir volksgenote om daaroor te gesels. Na aanleiding van dit en menigte gesprekke met mede boere het ek besef daar is ‘n groot behoefte vir ‘n platform waar ons van mekaar kan leer en uit ander se ondervindinge en foute onsself  begin help. Uit eerstehandse stories van oorlewendes van ‘n aanval, die foute wat sommiges gemaak het en die raad wat hulle vir ons kan gee, kan ‘n boer en sy gesin erens dalk die trauma gespaar word.

Studies het bewys dat in n skok situasie mens se brein vinnig soek na iets soortgelyk wat jy beleef het, gesien het, gehoor het, of gelees het, en dit is een van die oogmerke van die webtuiste. As jou brein iets bekends opgeroep kry wat jy hier gelees het kan jou optrede dalk n paar waardevolle sekondes koop en ‘n lewe red.

Nog n doelwit is om mense bewus te maak. Ja ons hoor darem so af en toe van n plaasaanval erens, maar bitter min inligting word deur die media versprei. Meeste mense het nie n idee hoeveel aanvalle plaasvind en ook die wreedheid wat baie keer daarmee gepaard gaan nie. Niemand is gevrywaar nie, en hoe vinniger almal besef dat enigeen, selfs jy self die volgende teiken kan wees hoe beter vir almal. As ons begin dink aan onsself as moontlike teikens sal ons beter selfondersoek instel na ons veiligheid en paraadheid.

Die belangrikste doel van die webtuiste vir my is egter om die modis operandi van die vyand te ontleed uit vorige aanvalle of mislukte aanvalle. Ek glo vas die aanvalle word georgistreer deur n mag wat hulle mes in het vir die Boerevolk. Aanvallers is nie sommer net n paar straatbewoners wat onder die invloed een dag besluit om n boer te teiken nie. Nee, meeste van die tyd is hulle opgelei en baie proffesioneel in wat hulle doen – dit is hulle werk en hulle ontvang betaling daarvoor! As jy saam my stem dat ons nie te doen het met mamparras nie sal jy ook besef dat hulle modis operandi baie keer ooreenstem, maar tog aangepas word. Ons moet op hoogte bly!

 

WAT MAAK ONS NOU?

1. Die belangrikste is om mense te kry om hulle verhale te vertel. Gaan gerus na die “JOU HULP WORD BENODIG” bladsy.  en sien hoe jy te werk kan gaan om jou eie of iemand anders se storie te vertel.

2. As jy hier is om te leer hoe ander mense opgetree het tydens ‘n aanval of die vyand wil leer ken gaan lees gerus die stories op die “LEES OOR AANVALLE HIER” bladsy

3. Ek is geen rekenaar fundi of taalkenner nie so foute kon en sou insluip. Indien jy enige taal of spelfoute raakloop, dooie skakels ontdek of sommer net voorstelle het om die webtuiste te verbeter kontak my gerus op die “VOORSTELLE” bladsy

4. Indien jy dink dat die webtuiste van hulp kan wees as meer verhale vertel word deel dit asb op sosiale media.

Deel op sosiale media: